E Copy

Date:

Liebenberg nou ook op Stormers krukkelys

MORGAN PIEK 

Bloemfontein – Springbok-haker Tiaan Liebenberg het die jongste Stormers-speler geword op hul buitengewoon lang krukkelys en is ook op pad terug Suid-Afrika toe.

Liebenberg wat skoolgegaan het op Grey-kollege in Bloemfontein het Saterdag ‘n nekbesering teen die Brumbies opgedoen en sal hierdie week ‘n spesialis raadpleeg wanneer hy terug is in Kaapstad.

Gister het veteraan-Springbok-flank Schalk Burger ook teruggekeer na Suid-Afrika met ‘n geskeurde kwadrisep en sal na verwagting drie weke buite aksie wees.

Intussen sal Springbok-en Sharks-losskakel, Patrick Lambie, die res van die Super Rugby-seisoen misloop na die hy sy bisep geskeur het tydens die span se 23-19 nederlaag teen die Bulls op Loftus Versfeld.
 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...