Die SA Raad vir Sake vroue stig amptelik op 26 Maart ‘n nuwe tak in Bloemfontein. Die geleentheid vind plaas by Leopards & Lace in Bloemfontein, vanaf 07:30 die oggend en sluit ‘n ontbyt in. Belangstellende sakevroue word uitgenooi om die geleenheid by te woon. Bywoning van die stigtingsvergadering is gratis. Registrasie vir die funksie is egter noodsaaklik. Belangstellendes kan vir Alda Roux kontak by 082-332-1515 of ‘n epos stuur na [email protected] voor of op Dinsdag, 25 Maart 2014 om 12:00.
Die SA Raad vir Sakevroue sal tydens die geleentheid die organisasie asook die jaarbeplanning vir 2014 bekendstel. Besoekers kan tydens die geleentheid aansluit as lede. Ledegeld beloop R780 vir lidmaatskap vir 2014.
Meer oor SA Raad vir Sakevroue
Die SACBW (SA Raad vir Sakevroue) is ‘n nie-winsgewende organisasie en word plaaslik en nasionaal deur suksesvolle besigheidsvroue verteenwoordig. Dit is ‘n geaffilieerde lid van die AHI en die president van die SACBW dien op die nasionale raad om vrouens in besighede te verteenwoordig. Die raad het ‘n vennootskap met “The Job Club” wat fokus op werkskepping, opleiding en die skep van besigheidsgeleenthede.
Die raad is gestig met die doel om ‘n organisasie te wees wat vrouens in besighede verteenwoordig en ‘n voertuig skep vir vrouens om te netwerk, by mekaar te leer, te groei en ander vroue in die besigheidsomgewing te mentor. Hulle slagspreuk lui “Ontsluit potensiaal” en is die kern van hierdie organisasie aangesien dit die doel duidelik maak dat vroue tot hulle volle potensiaal moet groei, hul doelwitte bereik en suksesvol sal wees in hul besighede.
Die jaarlikse Gala Dinee en Kongres in Augustus elke jaar, dien as platform waar vroue erkenning ontvang asook gevorderde opleiding en netwerkgeleenthede optimaal kan benut. Die Jaarlikse Sakevrou van die Jaartoekennings word ook deur die organisasie gedryf.
As ‘n lid ontvang jy die volgende voordele:
• Volle toegang tot ons webblad, artikels en inligting
• Nuusbriewe en ‘n “President’s Pen”
• Uitnodigings na nasionale- en streeksgeleenthede
• Gratis webbladlysting vir jou besigheid
• Volle toegang tot besigheidsformate en hulpmiddels
• Komplimentêre subskripsie aan Succeed tydskrif
• Spesiale afslagpryse vir alle SACBW geleenthede (nasionaal en streeks)
• Spesiale pryse vir webbladadvertering
• Lidmaatskapsertifikaat
• Lidmaatskap naambalkie
• Geleentheid om maandelikse streeksontbyte en geleenthede teen ‘n minimale tarief vir lede by te woon.
• Addisionele voordele aan lede soos deur elke individuele tak onderhandel.
Date:







