E Copy

Date:

Klofies maak skoonskip op Grey se skaaktoernooi

GEORG VAN ECK

Die skaakspanne van die Hoërskool Waterkloof het die ander skole, wat aan die uiters suksesvolle Grey Kollege Standard Bank-uitnodigingtoernooi deelgeneem het, stof in die oë geskop.

“Dit was ’n baie goeie toernooi met skaak van hoë gehalte. Ons doel is steeds om ’n nasionale skoletoernooi aan te bied. Op die oomblik is hierdie een van die grootste skoletoernooi in die land, maar word skole genooi om aan die toernooi deel te neem en Waterkloof van Pretoria het bykans skoonskip gemaak,” het Louise Pretorius, hoof van skaak aan Grey Kollege in Bloemfontein gesê
.
Behalwe skole van Bloemfontein en die Vrystaat soos Grey Kollege, Martie du Plessis, Sentraal, Eunice, Fichardtpark, Bloemfontein,

Louw Wepener, Welkom en St. Andrews was daar ook top-skole van Pretoria, Kaapstad Durban, Kingswilliamstown, Wepener, Cradock, Upington en De Aar.
Die spanne het volgens gradering in twee afdelings meegeding sodat van die kleiner skole op gelyke voet kan meeding. Van die Vrystaatse skole, wat die beste gevaar het, is Grey Kollege, Welkom, Eunice, Sentraal en Louw Wepener.

In die A-afdeling het net agt punte die voorste 15 spanne geskei, terwyl die punteverskil tussen die voorste 12 spanne in die B-afdeling net 7.5 punte was.

Die top-spanne in die A-afdeling:
Waterkloof D, 2. Waterkloof E, 3. Waterkloof F, 4. Grey E, 5. Afrikaanse Hoër Seunskool, 6. Glenwood, 7. Prestige Kollege, 8. Louw Wepner B, 9. Queens Kollege, 10. De Aar.

Top-spanne in die B-afdeling:
Waterkloof A, 2. Waterkloof B, 3. Rondebosch, 4, Afrikaanse Hoër Seunskool A, 5. Durban B, 6. Grey A, 7. Glenwood, 8. Prestige Kollege, 9. Durban A, Afrikaanse Hoër Skool B 11. Welkom.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...