Suid-Vrystaatse mansrolbalspelers het goed gevaar op die Suid-Afrikaanse Meesters-toernooi, wat op die perke van die Wanderers- rolbalklub in Johannesburg plaasgevind het.
Die 12 Suid-Vrystaters wat as ’n groep deur Rolbal Suid-Afrika genooi is, het drie medaljes verower.
Die Protea-rolbalspeler van Hilton in Bloemfontein, Clinton Roets, het die silwermedalje in die mans ope-enkelspel verower.
In die o.25-meesters het Darryn Stephen met goud weggestap nadat hy Chad Wakeford van Grens in die eindstryd geklop het.
Die derde Suid-Vrystater wat ’n medalje verower het, is Arno Greyling in die o.25-afdeling waar hy derde geëindig het.