E Copy

Date:

Goodchild wen Heuwelkruin 10 km

RUFUS BOTHA

Die Heuwelkruin 10 km-padwedloop wat Vrydag in Bloemfontein aangebied is, is  weliswaar nie bestorm deur die beste langasems in Bloemfontein nie, maar Elmarie Goodchild kan haarself ‘n klop op die skouer gee met ‘n mooi oorwinning in die ope-wedloop vir vroue.

Goodchild se padwedloopvertonings is besig om mooi te verbeter en sy het in ‘n skaflike tyd van 40:48 eerste oor die wenstreep gehardloop. Sy het die tweede atleet, Maryna Swanepoel (42:48) ver geklop. En, Swanepoel is ‘n voormalige Suid-Afrikaanse Universiteite atleet in die halfmarathon (21,1 km).

Die derde atleet in die ope-afdeling vir vroue, Maruska Theron (55:55) het ‘n baie beskeie derdeplek ingeneem. 

Die wenner van die afdeling vir meestersvroue (40 tot 49 jaar), Sarita Wessels (55:07) het vinniger gehardloop as Theron.

Tragies – die wenner van die ope-wedloop vir mans het meer as vyf minute stadiger as die genoemde wenner van die ope-afdeling vir vroue gehardloop. Dit is egter nie sy skuld nie, die beste mansatlete het eenvoudig geskitter in hulle afwesigheid.

Die ope-wedloop vir mans is gewen deur David Koloane in 46:28.  Koloane is ook nie vandag se kind nie. Hy was in die vroeër 1990’s ‘n voormalige junior Suid-Afrikaanse 3000 m-hinderniskampioen.     

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...