E Copy

Date:

Hamilton swem Vrystaatrekord stukkend

RUFUS BOTHA

Verskeie Vrystaatrekords het verlede week by die provinsie swemkampioenskappe wat by die stadionswembad in Bloemfontein beslis is in die slag gebly. Om ‘n Vrystaatrekord in swem te behaal is nie ‘n maklike taak nie, want dié provinsie het deur die jare van die beste swemmers in Suid-Afrika opgelewer.

Die Vrystaatrekord wat die talentvolle swemmer van Bloemfontein, Joshua Hamilton in die ouderdomsgroep vir seuns 14-jaar opgestel het, gaan toeskouers, beamptes en swemmers wat dit beleef het, lank bybly. 

Hierdie beskeie jongman het in sy voorkeur dissipline (borslag) ‘n bykans ongelooflike tyd in die 100 m-borsslag losgeswem. Hy het die kant geraak in ‘n blitsige 1:06,92 en sodoende die vorige Vrystaatrekord (1:09,77) met ‘n spreekwoordelike seemyl (2,85) na kinderspeletjies laat lyk.

Wat Hamilton se vertoning nóg beter maak is dat dit vinniger is as die Suid-Afrikaanse- én Afrikarekords in dié nommer. Hy gaan egter ‘n wyle moet wag om te sien of sy naam agter die laasgenoemde rekords gaan pryk, want dié rekords moet eers deur die Suid-Afrikaanse en Afrika-swemverenigings erken word.

Courant het met een van Hamilton se oefenmaats en ook een van die Vrystaat se beste seniorswemmers, Rynhardt Wessels gesels oor wat hy van Hamilton se vermoë dink: “Hy is een van die mees talentvolle swemmers wat ek nog gesien het. Ek dink hy kan wêreldklas word”, het hy bygevoeg. 

Interresant is dat die 14-jarige Hamilton se genoemde wentyd in die 100 m-borslag (1:06,92) heelwat vinniger is as die einste Wessels se wentyd (1:12,93) in die afdeling vir manne 17-jaar en ouer. Ter versagting moet egter genoem word dat borsslag nie Wessels se gunsteling dissipline is nie en dat hy die afgelope week aan baie nommers deelgeneem het.

Wessels het ook nie op hom laat wag wat Vrystaatrekord aan betref nie. Hy het in sy genoemde afdeling die 50 m-vlinderslagrekord (25,01) agter sy naam geskryf. 

Nog ‘n mannetjie wat in die 14-jaar-afdeling ‘n groot hap uit die vorige Vrystaatrekord gegee het, was Hamilton en Wessels se spanmaat, Gawie Nortjé. Hy het in die 400 m-wisselslag die vorige rekord (5:39,41) met meer as 20 sekondes verpletter. Nortjé het ‘n kookwater 5:18,99 geswem. 

Indien Amber Olsen goed bestuur word in die toekoms, is haar swempad met rose besaai. Hierdie 10-jarige talent van die Seals-klub het met ‘n haastige Vrystaatrekord in die 50 m-borslag losgetrek toe sy in 43,08 geeindig het. Dit is ‘n reuse 2,72 sekondes verbetering op die vorige rekord (45,80). 

Van die ander Vrystaatrekords wat in die slag gebly het, is:

Seuns: 8 jaar: borsslag: Ho Won Lee ( 52,00), 8 jaar: rugslag: Lian du Toit (47,29), 9 jaar: rugslag: Jacques Cilliers (42,95), 17-jaar plus: 400 m-vryslag: Eben Vorster (Kovsies, 4:11,62). 

Meisies: 8-jaar: 50 m-rugslag: Mianique Lombard (46,08), 9-jaar: 50 m-rugslag: Izelle Henning (44,90).

Previous article
Next article

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...