Die heel eerste man wat in ‘n ruimtetuig in ‘n wentelbaan om die aarde was, is ‘n Rus met die naam Yuri Gagarin. Nadat hy veilig terug op aarde was, is daar ‘n perskonferensie gehou. Tydens die konferensie het ‘n verslaggewer vir hom gevra: “Het jy dalk vir God daar bo iewers gesien?” Gagarin het geantwoord: “Nee, ek het oral rondgekyk. Al wat ek gesien, was onmeetlike ruimtes – ontelbare hemelliggame. Maar, ek het nie ‘n greintjie van God iewers gesien nie.” Dit het my aangegryp dat kennis en verstand mense nie noodwendig bewus maak van God se teenwoordigheid nie. My vraag is: “Was God nie juis sigbaar in die grootheid van die skepping nie?” So beskryf Psalm 121 en Psalm 8 iets van die grootheid van God en Sy hand in die skepping. Skeilik besef ek dat die grootheid van God nie net in die ruimte sigbaar is nie, maar ook in die klein dingetjies, die klein handjies en voetjies van mense, selfs in die kleinste wurmpie en grassprietjie. Dit vra net van jou en my om dit raak te sien – ons oog te skuif!
Ds. Stephan van Heerden
Date:
Gedagte vir die week: Om maan toe te gaan
Gedagte vir die week: Om maan toe te gaan