E Copy

Date:

FOTO’S: DA Kongres by Glen buite Bloemfontein

Owen Kock

Glen. – Die DA het gister sy Vrystaatse Provinsiale Kongres hier gehou met die leier Helen Zille as die hoofspreker.

In haar toespraak het sy onder meer die Vrystaatse Premier Ace Magashule daarvan beskuldig dat hy die LUR vir Gesondheid in provinsie, Benny Malakoane, beskerm terwyl hy eintlik weet dat Malakoane onbevoeg is.

Sy het ook die Vrystaat "Magashule Land" genoem in die lig dat daar ‘n nuwe naam vir die Vrystaat gekies moet word om Magashule se houvas uit te beeld.

Zille glo haar besluit om haarself nie weer verkiesbaar te stel nie, is die beste besluit om die party selfs nog beter te laat vaar in die toekoms. Sy het kommentaar dat die party swakker sal word sonder haar leierskap, verwerp.

Intussen het die DA se goue seun, Musi Maimane, gister aangkondig dat hy tot die wedloop om die leier toetree. Zille wou haar egter nie oor enige kandidaat uitlaat nie en het gevra dat die party hom by die nuwe leier skaar sodra hy aangewys word.

Sy het ook haar stem by talle hooggeplaasdes gevoeg en haar ten sterkste uitgespreek teen die jongste vlaag vreemdelinghaat-aanvalle.

‘n Emosionele Zille het ‘n beroep gedoen op alle Suid-Afrikaners om geweld te laat vaar en ‘n beroep op die regering gedoen om goeie beleide daar te stel om ekonomiese groei te verseker.

Hier is ‘n paar foto’s van die kongres.

Helen Zille en Patricia Kopane groet met haar aankoms in Bloemfontein.

Zille, Kopane en Annelie Lotriet, kort nadat Zille haar tradisionele Sotho-drag ontvang het.

Kongres-gangers bedank Zille vir haar leierskap.

Zille en Kopane deel ‘n oomblik op die verhoog.

Daar was ‘n verenigde front tydens die media-konferensie.

Helen Zille neem Patricia Kopane se hand in hare, en meen dit gaan nie oor kleur nie, maar oor politieke oortuigings. FOT’S: OWEN KOCK

Share post:

Popular

More like this
Related

Ex-boyfriend sentenced for femicide

A 32-year-old Ficksburg man has been sentenced to 24...

ADVERTORIAL: Thuso Milling Vacancy – Production Manager

Thuso Feeds, a successful feed mill in Bothaville, requires...

Women’s Day exhibition explores history and hope

Oliewenhuis Art Museum and the National Museum have joined...

Community to honour Itumeleng “Itu” Marema at candlelight memorial

Friends, family and supporters of local musician Itumeleng “Itu”...