E Copy

Date:

Fauna-vrou steek kêrel dood ná argument

‘n Bloemfonteinse vrou is onder polisiebewaking in ‘n plaaslike hospitaal nadat sy gisteraand na bewering haar vriend by hul huis met ‘n mes doodgesteek het. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die 36-jarige vrou en haar vriend, met wie sy ‘n romantiese verhouding gehad het, het vermoedelik ‘n argument gehad. Sy het in ‘n struweling drie steekwonde opgedoen. Hy sê die vrou het vermoedelik haar middeljarige vriend 13 keer met ‘n mes in die bolyf aangeval. Die beseerde vrou het die polisie ontbied. Volgens Marope is die man omstreeks 22:00 op die toneel dood. Hy is in die kombuis in hul huis in Fauna in ‘n plas bloed gevind. Die polisieondersoek duur voort.  

Share post:

Popular

More like this
Related

Ex-boyfriend sentenced for femicide

A 32-year-old Ficksburg man has been sentenced to 24...

ADVERTORIAL: Thuso Milling Vacancy – Production Manager

Thuso Feeds, a successful feed mill in Bothaville, requires...

Women’s Day exhibition explores history and hope

Oliewenhuis Art Museum and the National Museum have joined...

Community to honour Itumeleng “Itu” Marema at candlelight memorial

Friends, family and supporters of local musician Itumeleng “Itu”...