E Copy

Date:

Fauna-vrou steek kêrel dood ná argument

‘n Bloemfonteinse vrou is onder polisiebewaking in ‘n plaaslike hospitaal nadat sy gisteraand na bewering haar vriend by hul huis met ‘n mes doodgesteek het. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die 36-jarige vrou en haar vriend, met wie sy ‘n romantiese verhouding gehad het, het vermoedelik ‘n argument gehad. Sy het in ‘n struweling drie steekwonde opgedoen. Hy sê die vrou het vermoedelik haar middeljarige vriend 13 keer met ‘n mes in die bolyf aangeval. Die beseerde vrou het die polisie ontbied. Volgens Marope is die man omstreeks 22:00 op die toneel dood. Hy is in die kombuis in hul huis in Fauna in ‘n plas bloed gevind. Die polisieondersoek duur voort.  

Share post:

Popular

More like this
Related

Graduation season at CUT begins

The Central University of Technology in the Free State...

Shanela operations : SAPS arrest almost 13 000 nationwide

Through the high-density operations, known as Operation Shanela, the...

Higher Education Committee in FS for oversight visit

The Portfolio Committee on Higher Education started with their...

Police to investigate fatal shack fire in Bloemspruit

Residents of Phase 7 in Bloemspruit awoke to tragedy...