E Copy

Date:

Dereguleer petrolprys: VF+

DUANE PETRUS – Die deregulering van die petrolprys word deur die VF Plus as die enigste oplossing gesien om verdere verhogings te vermy.
Die party se parlementêre woordvoerder oor ekonomie, adv. Anton Alberts, sê ‘n swak wisselkoers voer die petrolprys tot rekordhoogtes en het ook ‘n negatiewe impak op die land se ekonomie.
Hy sê die deregulering sal lei tot groter mededinging tussen klein en groot petrolhandelaars.
Hy sê indien die e-tolstelsel eendag misluk, sal die verbruikers aan ‘n ekstra heffing blootgestel word om die kostes van die e-tolstelsel se opgradering in Gauteng te dek.
"Ek dink deregulering is iets wat die minister ernstig moet oorweeg om Suid-Afrika se ekonomie aan die gang te hou en moontlik ook nuwe ekonomiese aktiwiteite te stimuleer anders gaan ons vasval iewers in die toekoms.
Ek kan reeds sien mense en besighede sukkel baie as gevolg hiervan (hoë petrolpryse)," sê hy.
Hy sê die regering moes lankal gekyk het na ‘n geïntegreerde vervoerstelsel om meer gebruik van publieke vervoer te maak.
Maar, hy sê dit is nie so maklik nie, omdat die huidige stelsel ‘n groot opgradering kort en baie gevaarlik is.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...