E Copy

Date:

Daniel Wesley eersdaags op almal se lippe

Daniel Wesley, of beter bekend as Kabous onder sy vriende, is vir seker ‘n naam wat eersdaags in elke huishouding sal opklink, indien dit nie reeds gebeur nie.
Wesley is ‘n gebore Bloemfonteiner wat aan die HoĆ«rskool President Steyn gematrikuleer het. Hy kom uit ‘n gesin van vier broers, ‘n suster, en volgens hom ‘n wonderlike ma. Wesley besoek graag die gimnasium en kan daarmee spog dat hy voorheen ‘n SA verspringatleet was. Hy is versot op musiek en beskou homself as ‘n kampioenbraaier.
Die musiek-gogga het reeds op ‘n jong ouderdom gebyt. “Ek het as jong seun na optredes begin kyk en die kitaar begin vasvat, maar nooit gedink dis wat ek sou doen nie,” vertel hy.
Hy maak dit duidelik dat hy van enige musiekgenre hou, aangesien hy iets nuuts van elke genre leer. Hy het wel ‘n gunsteling, en dit is moderne country of rock.
Elke individu het iemand na wie hy opkyk in die bedryf, maar vir Wesley is daar ‘n paar. “Daar is baie, maar ek haak vas by Brad Paisley, Tim McGraw, die Zac Brown Band, Chris Stapleton, Florida Georgia Line en Keith Urban.”
Sy gunstelingliedjie op die oomblik is Tennessee Whiskey van Chris Stapleton.
Wesley skryf graag sy eie musiek en gaan eersdags sy debuutalbum aan die publiek voorstel. Hy sĆŖ sy inspirasie kom en gaan, maar vir hom bepaal die omgewing waarin hy skryf, alles. “Positiewe denke, die lewe en liefde is van my gunstelingonderwerpe.”
Hy sluit af met die gedagte: “Let your handshake mean more than a pen and paper”.

Jeretha OosthuizenĀ 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...