DIT is nog nie te laat om ‘n uitstalruimte by vanjaar se Bloemskou te bespreek nie.
Die tema van Bloemskou is vanjaar Bloemen Leka, met kleur blomme en pret. Spring gou om jou ruimte te verseker! Meer as 350 uitstallers het reeds bevestig en plek is beperk.
Bloemskou vind vanjaar plaas van 24 April – 3 Mei en is die inkopiegeleentheid van die jaar. Die skou is vanjaar besonders, aangesien slegs 2 dae nie vakansiedae of naweek is nie.
‘n Verskeidenheid van ongeveer 400 binne- en buite uitstallers gebruik jaarliks die geleentheid om hul besighede, produkte en dienste bekend te stel aan die meer as 100 000 besoekers wat Bloemskou besoek. Die skou bied die ideale platform om direk
kontak te maak met jou huidige en potensiële kliënte en gee veral die geleentheid om produkte en dienste fisies te demonstreer. Besoekers kan jou besigheid eerstehands ervaar.
Binne-uitstallings is uitgelê in vyf verskillende sale, die Protea, Daisy, Tulp, Lelie of Violetsaal. Verskeie groottes is beskikbaar en die uitleg van sale is van so aard dat dit die maksimum blootstelling en geleentheid aan jou besigheid bied om te bemark en te demonstreer. Die kleinste stalletjies beskikbaar is 9m2 en alle stalletjies is netjies afgebaken met skulpskema, matte en naamborde. Krag is ook by elke stalletjie beskikbaar en opsies kan met bespreking uitgeoefen word oor die kleur van matte.
Buite-uitstallings is beperk.
Die afgelope twee jaar het verskeie buitelug-, tuin- , motor -, landbou- en 4 x 4 uitstallings deel geword van Bloemskou. Vanjaar is geen uitsondering nie. Van landbou-implemente, swembad opsies, braaiers en 4×4 toebehore, tot ‘n verskeidenheid van motoruitstallings gaan vanjaar by Bloemskou te sien wees.
Jy kan werklik vanjaar met die “skouroete” ry vir jou vakansie. Daar is iets vir almal, van besigheidsman tot gesinne, boere, mans, kinders en vrouens.
Besoek gerus www.bloemskou.co.za vir meer besonderhede of skakel 051 448 9894/5/6.
-PERS VERKLARING
Date:







