E Copy

Date:

Clive Solomon-klubhuis in toestand

Gerugte doen die ronde oor die swak toestand van die klubhuis van die Clive Solomon-stadion.
Roland October, afrigter van die Crusaders-rugbyspan wie se tuisveld dit is, het bevestig dat daar wel ‘n paar foute is.
“Die klubhuis op die rugbystadion is opgerig vir Crusaders-rugbyklub. Daar is ‘n ooreenkoms aangegaan tussen die Vrystaat-rugbyunie (VRU) en die Mangaung Metro Munisipaliteit oor die oprigting, huur en instandhouding,” verduidelik October.
Volgens hom is die munisipaliteit verantwoordelik vir die instandhouding van die klubhuis. Daar is ook ‘n opsigter wat op die perseel bly en 24 uur-sekuriteit wat deur die munisipaliteit verskaf word.
Die rede vir die toestand van die klubhuis kan daaraan toegeskryf word dat die klubhuis en rugbyvelde die afgelope twee jaar deur buite-organisasies, NGO’s, kerke, ens., en vir politieke doeleindes gebruik word. “Braaidag-vieringe, potjiekoskompetisies, ens. word daar gehou en die velde en klubhuis word geweldig beskadig vandat dit gebeur,” sê October.
Inbrake, diefstal en vandalisme vind gereeld plaas. Die sake word aangemeld by die polisie asook by die munisipaliteit, maar niks word aan die saak gedoen nie.
“Die foute en stukkende pype en toilette by die klubhuis is meer as agt maande gelede gerapporteer en is steeds nie opgevolg deur die bestuur en die opsigter nie.”
Die Mangaung Metro het teen druktyd nie gereageer op navrae van Bloemfontein Courant nie.

Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...