E Copy

Date:

Vuurwerke ontplof in Bloem-tiener se hand

MARICELLE BOTHA

‘n 14-jarige seun van Wilgehof in Bloemfontein is beseer nadat vuurwerke Woensdag in sy hand ontplof het.

Toe paramedici by die toneel opdaag het die seun op die grond gesit met ‘n handdoek om sy hand gedraai. Die kind het glo die vuurwerke opgetel en dit aan die brand gesteek. Dit het in sy hand ontplof en hy het verskeie frakture en oop wonde opgedoen. Die punte van sy vingers is in die ontploffing erg beskadig, het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ‘n verklaring gesê.

Volgens die woordvoerder van die Vrystaatse departement van gesondheid, Jabu Mbalula is dokters in Pelonomi hospitaal tans besig om die seun te opereer.
"Ons is hoopvol dat die seun se vingers gered sal kan word," het Mbalula bygevoeg.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...