Die Vrystaat en Noord-Kaap Gholfunie se junior afdeling het sy spanne bekend gemaak wat aan nasionale en provinsiale toernooie oor die land gaan deelneem.
Die spanne is volgens die punte op die jongste Verdienstelys gekies ná afloop van die Goudveld Junior Ope, wat op die baan van die Oppenheimerpark Gholfklub beslis is.
Die Goudveld-toernooi is deur die 17-jarige Franco Froneman gewen, wat hom ’n plek in die o.19 span besorg het en ook die titel in die o.19-afdeling van die toernooi. Die 15-jarige Leander Snyman was tweede gevolg deur Dylan Pretorius.
Die wenners van die ander ouderdomsgroepe is: Onder 17: Leander Snyman. Onder 15: Wilco Nienaber. Onder 13: Remon Rabie en Onder 11: Boela Delport.
Die span van die Hoërskool Goudveld het ook die Noord-Vrystaatse skoleliga gewen om vir die eindronde van die VS/NK-toernooi in Bloemfontein te kwalifiseer.
Drie lede van die VS/NK se o.19-span, Atttie van Wyk, wat met 355 punte spog, Therion Nel (329) en Steven le Roux (315) is 16 jariges, wat beteken dat hulle nog twee jaar lank vir hul provinsie kan speel.
Die Visrivier Uitdaag-toernooi vir o.15 en o.13-spelers op die baan van die Visrivier Gholfklub in die Oos-Kaap vind reeds die komende naweek plaas, terwyl die SA Kinder-uitdaagtoernooi ook Saterdag en Sondag op die baan van die Bloemfontein Gholfklub beslis word.
Die provinsiale o.19-spanne pak mekaar op 30 en 31 Maart op die baan van die Umhlali-buiteklub in KwaZulu-Natal.
Die VS/NK-spanne is:
Onder 19-span vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap: Attie van Wyk, Therion Nel, Steven le Roux, Franco Froneman en Dylan Pretorius.
Onder 15-span vir die Visrivier Uitdaagtoernooi: Wilco Nienaber, Leon van Jaarsveld, Llwellyn Booysen, Ge-Rico Muller, JJ Pretorius, Arno Esterhuizen, WJ Oosthuizen en JP Jackson. Spanbestuurder: Willem Nienaber.
Onder 13-span vir die Visrivier Uitdaagtoernooi: Remon Rabie, Du Toit Fourie, Franco van Deventer, Nico Pietersen, SG Delport, Marco Fourie. Spanbestuurder: Rias Rabie.
Onder 11-span vir die SA Kinder-uitdaging in Bloemfontein: Boeta Delport, Jean-Pierre Fourie. Dian Fourie, Johan Kruger, Matt Fiedl en TJ Sandys. Spanbestuurder: Pieter Fourie.







