E Copy

Date:

Medaljes vir Vrystaters in Afrika-skerm

GEORG VAN ECK

Die twee Junior Protea-skermers van die Vrystaat Amateur Skermklub en Kovsies Skermklub het Suid-Afrika se naam hoog gehou deur medaljes op die Afrika junior kampioenskappe in Egipte in die sabel en degen te verower.

Die Suid-Afrikaners moes teen die beste skermers van Tunisië, Egipte en ander Afrika-lande meeding en het baie goed gevaar.

Die 15-jarige Ruan Schröder-Coetzee het in die o.17-afdeling, waar die mededinging baie straf was, agtste geëindig. Hy het ook saam met die Suid-Afrikaanse junior span met die sabel ’n bronsmedalje verower. Hy is ’n leerling aan die Hoërskool Sentraal van Bloemfontein.

Jayme-Sue Vermaas is ook 15 jaar oud en sy het as lid van die nasionale junior vrouespan met die degen ’n silwermedalje verower. Sy is ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein en blink ook in Moderne Vyfkamp uit.

Die twee Vrystaatse Junior Proteas is deur hul afrigter Gunter Schröder, na Noord-Afrika vergesel. Hy is self ’n Protea-skermer wat as die Suid-Afrikaanse sabelkampioen uitgetree het.
 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...