In Suid-Afrika gaan rugbyondersteuners Saterdag (19:10) vasgenael sit om die plaaslike Superrugby-derby tussen die Bulle en Haaie op Loftus Versfeld dop te hou.
In sentraal-Suid-Afrika en in die Kaap sal rugbyliefhebbers met groot kommer na die twee kragmetings van die Toyota Cheetahs teen die Blues en Stormers se kragmeting met die Brumbies daar “Doer Onder” kyk en hoop dat dié twee Suid-Afrikaanse spanne weer op die wenpad kan kom.
Die bepalings is (tuisspanne eerste genoem):
Vrydag: Highlanders t Hurricanes 08:35, Dunedin; Waratahs t Rebels 10:40, Sydney.
Saterdag: Blues t Toyota Cheetahs 08:35, Edenpark in Auckland; Brumbies t Stormers 10:40, Canberra; Western Force t Chiefs 13:00, Perth; Leeus t Reds 17:05, Ellispark; Bulle t Haaie 19:10, Loftus Versfeld.







