E Copy

Date:

Verlange na Droopy knaag steeds

“Ek en Droopy het maar elke dag na mekaar gekyk. Hy het baie mooi na my gekyk en ek het elke dag vir hom dankie gesê daarvoor.”

Dít is volgens Hansie Fourie (49) wat daagliks by die verkeerslig langs die Engen-vulstasie by die Northridge Mall staan. Hy vertel hoedat hy steeds nou en dan om hom rondkyk waar Droopy is, al het hy in die week sy hondjie se as ontvang.

Bloemfontein Courant het met Hansie gesels oor hoe dit nou met hom en sy nuwe maat, Jack, gaan.

Daar is baie bespiegel of hy en Jack oor die weg sal kom. Hansie sê hy is dankbaar dat hy twee dae ná Droopy se dood ‘n nuwe hond gekry het. “Die verlange na Droopy is steeds daar, maar ek en Jack kom gelukkig goed oor die weg en ons kyk mooi na mekaar. Jack was klaar by ‘n veearts, danksy die wonderlike inwoners van Bloemfontein wat ons gehelp het, en hy is gesond.”

Hansie vertel hy sing selfs die liedjie, “It’s a strange, strange world we live in, Master Jack,” vir sy nuwe sielsgenoot wanneer hulle by die verkeerslig sit.

Hy kan nie uitgepraat raak oor hoe goed die mense van Bloemfontein vir hom en Droopy was nie en sal hulle ewig dankbaar wees daarvoor.

Hansie is van plan om Droopy se as oral waar hulle twee in die stad was, te gaan strooi. Hy hoop dat Droopy daardeur altyd deel van Bloemfontein sal wees. Hy sê hy het Droopy al die jare na die beste van sy vermoë, met dit wat hy tot sy beskikking gehad het, versorg. Droopy het kos gekry, liefde ontvang en is warm gehou.

Die feit dat hy sy beste vriend van 15 jaar moes laat uitsit, sal lank vir Hansie ‘n baie teer saak bly. Hy vertel dat hy so gehoop het Droopy sou sy 50ste verjaardag aan die einde van hierdie maand saam met hom kon vier, maar hy weet dat hy die beste ding vir sy hond gedoen het.

“Nou gaan ek en Jack daardie dag saam geniet op die plaas waar ek bly, en al die dinge doen wat vir ons lekker is.”

Sazly Hartzenberg

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Planned power interruption in Mandela View

Residents of Mandela View are advised to prepare for...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...

UFS professor appointed to national financial planning board

The University of the Free State (UFS) has welcomed...

COGTA warns of fake RDP housing scam

The Free State Department of Cooperative Governance and Traditional...