E Copy

Date:

Vergete Protea Sisanda Magala op pad na Knights

Die Knights het hul spelersgroep vir die 2025/26 plaaslike krieketseisoen versterk met die aanwins van die Protea-naatbouler Sisanda Magala.

Magala, wat voorheen vir die Lions en die Chennai Super Kings gespeel het, bring baie ondervinding op beide internasionale en plaaslike vlak. Hy het meer as 600 paaltjies oor al drie formate in plaaslike krieket geneem en word beslis as ‘n wedstrydwenner beskou.
Magala is die derde speler wat hierdie buiteseisoen by die Knights aansluit, ná die kontraktering van die Northern Cape Heat duo Ruan Haasbroek en Cole Abrahams ‘n paar weke gelede. Magala het ook die Proteas in agt eendagwedstryde en ses T20-wedstryde verteenwoordig, maar was ‘n rukkie buite aksie weens ‘n besering.

Hy is aanvanklik gekies vir die 2023 IKR Krieketwêreldbeker in Indië, maar ‘n kniebesering het hom gedwing om te onttrek uit die Proteaspan vir die toernooi. Mede-naatbouler Anrich Nortjé is ook gedwing om te onttrek weens ‘n rugbesering, en die twee is vervang deur Andile Phehlukwayo en Lizaad Williams.

Magala geniet dit om in Bloemfontein te boul. In 2023, tydens die eerste internasional eendagwedstryd teen Engeland by die Mangaung-oval, het hy 3/46 platgetrek tydens die sensasionele oorwinning van 27 lopies oor die destydse wêreldkampioene. Vir hierdie vertoning is hy as die Speler van die Wedstryd aangewys.

Sy laaste eendagwedstryd vir Suid-Afrika was in September 2023, toe die Proteas Australië met 111 lopies by die JB Marks-oval in Potchefstroom geklop het.

Die Knights se afrigter, JP Triegaardt, het vir Bloemfontein Courant gesê hy is verheug oor die aanwins van Magala en beskou die speler sonder twyfel as ‘n wedstrydwenner.

“Ek is baie bly en opgewonde oor Magala,” het Triegaardt gesê.

“Ek glo hy sal baie waarde en ervaring tot die boulaanval toevoeg. Een ding wat ek oor Magala kan sê, is dat hy ‘n wedstrydwenner is.

“As afrigter streef jy altyd daarna om spelers af te rig om wedstrydwenners te wees. As jy dit regkry, sal jy jouself uiteindelik heeltyd op die regte voet bevind. Maar hy bring baie na die span en ons is regtig opgewonde om hom aan boord te hê.

“Ons wens hom ook alle sterkte toe.”

Intussen is die Knights steeds op koers om na Afdeling 2 van plaaslike krieket vir 2025/26 gerelegeer te word. Hangende bemiddeling en moontlike arbitrasie kan hierdie uitkoms egter nog verhoed word. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...