E Copy

Date:

UV-rektor praat by Heidedaller van die Jaar

Prof. Francis Petersen, nuutaangestelde rektor en visekanselier van die Vrystaatse Universiteit, is vanjaar die hoofspreker op die galadinee van Heidedaller van die Jaar wat op Saterdag 18 November 2017 by die Hotelskool op die kampus van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie gehou word.
Prof. Petersen, ‘n vorige adjunk-visekanselier van die Universiteit van Kaapstad, het uitgebreide ondervinding in bestuur in sowel die universiteit- as die sakesektor. Hy dien op verskeie plaaslike en internasionale, tegniese, redaksionele en advieskomitees en het al meer as 150 tegniese lesings in internasionale joernale gepubliseer.
Prof. Petersen, wat glo in spanwerk, het ‘n sleutelrol gespeel in verskeie inisiatiewe binne in hoër onderwys, die sakesektor en in wetenskapsrade. Hy is ook die ontvanger van die Ernest Oppenheimer-gedenktrust en die Peninsula-universiteit vir Tegnologie se Navorser van die Jaar-toekennings.
Belangstellendes kan reeds hul tafels en individuele kaartjies vir die geleentheid bespreek deur Rachel Scott (0833-880-773) of Levert Solomons (078-573-9746) te bel. Tafels kos R2500 vir 10 gaste en individuele kaartjies kos R250 elk.
Die Hotelskool het goedgunstiglik aangebied om as borgskap die galadinee in die Atrium op die kampus aan te bied met een van sy voormalige lektore, Suné Nieman van Upper Crust, wat die kos gaan voorberei.
Gaste kan dus uitsien na ‘n driegangmaal uit die boonste rakke, voorberei deur een van die land se voorste koskenners.

Pieter Delport 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...