E Copy

Date:

Tienerblits Burger reg om SA te verteenwoordig

Die tienerblits van Bloemfontein, Rumé Burger, is opgewonde en slaggereed om vir die eerste keer haar land te verteenwoordig.

Burger is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span vir die o.18- en o.20-Afrikakampioenskappe wat later vandeesmaand in Nigerië plaasvind.

Dié senior nasionale kampioen sal aan die o.18-naellope oor 200m deelneem tydens die kampioenskap. Sy is een van slegs drie atlete van die Vrystaat wat in die Suid-Afrikaanse groep van 70 opgeneem is, en die enigste een wat in die o.18-ouderdomsgroep gekies is.

Carise van Rooyen sal aan die o.20-vroue 800m deelneem, terwyl Cara Smith aan die o.20-vroue sewekamp gaan deelneem.

Burger het aan Bloemfontein Courant gesê sy kan nie wag om teen die kontinent se beste atlete te kompeteer nie.

“Ek dink die emosies het nog nie heeltemal ingeskop nie,” sê Burger.

“Ek sien so uit daarna om aan my eerste internasionale byeenkoms deel te neem. Net om te dink dat ek die voorreg gaan hê om vir my land te hardloop, is die grootste eer.

“Dit was nog altyd my grootste droom om namens Suid-Afrika te hardloop en my passie vir atletiek uit te leef – om saam met hierdie ongelooflik talentvolle atlete van regoor Afrika te hardloop en teen die bestes mee te ding.

“Ek kan nie genoeg dankie sê vir die Here vir hierdie ongelooflike ervaring en vir die talent waarmee Hy my geseën het nie.

“Ek wil net dankie sê aan almal wat saam met my hierdie pad stap, en aan almal wat my reeds gelukgewens het.”

Sport loop diep in haar are. Haar pa, Philip Burger, het Suid-Afrika in sewesrugby verteenwoordig (Blitzbokke) en was ’n hoogaangeskrewe vleuel vir die Cheetahs. Haar oupa, Thys Burger, het vir die Springbokke gespeel en sy buiging in 1980 teen die Britse en Ierse Leeus gemaak – in dieselfde stadion waar Rumé vroeër vanjaar die nasionale skole o.17-rekords in beide die 100m en 200m gebreek het, elk twee keer.

Die o.18- en o.20-Afrikakampioenskappe vind van 16 tot 20 Julie in Abeokuta, Nigerië, plaas. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...