Theo Venter is gas by sakeontbyt

0
1848
Theo Venter FOTO: TWITTER

Kindersorg Bloemfontein & Childline Free State bied jaarliks ‘n sakeontbyt aan met ‘n gasspreker wat ‘n kenner is van die land se ekonomiese en politieke sake.
Vanjaar is geen uitsondering nie. Die organisasie is hierdie jaar bevoorreg om Theo Venter as gasspreker te verwelkom.
Venter is ‘n politieke en beleidspesialis aan die Noordwes-Universiteit se skool vir Besigheid en Korporatiewe Bestuur. Afgesien daarvan dat hy onderrig gee in politiek en strategie, is hy reeds sedert 1987 ontleder en student van die Suid-Afrikaanse politiek en het hy aan alle plaaslike en nasionale verkiesings deelgeneem deur ontleding daarvan of kommentaar te lewer daaroor. Hy skryf nie net vir die gedrukte media nie, maar is ook ‘n gereelde gas op radio en TV.
Venter het nie net die Suid-Afrikaanse politiek bestudeer nie; hy het hom ook in die VSA as Fulbright-student van 1982 tot 1984 vergewis van hul politiek en onlangs ‘n hoofstuk oor senariometodologie in ‘n handbook oor algemene bestuur gepubliseer.
Hy staan te midde van al die veranderinge wat tans in Suid-Afrika plaasvind en sal beslis ‘n goeie oorsig aan die gaste kan gee.
Sprekers wat al in die verlede opgetree het tydens so ‘n geleenteid, is Dawie Roodt, Tim du Plessis, Piet Croukamp, Mike Schussler, Ettiene Pretorius, Braam Pretorius en Maria Ramos, om ‘n paar te noem.
Die sakeontbyt vind plaas op 16 Maart om 07:30 vir 08:00 by die President Hotel. Koste beloop teen R200 per persoon. Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na riethaw@cwcl.org.za of bel gerus 051-430-3311.

JERETHA OOSTHUIZEN
jeretha@mahareng.co.za