E Copy

Date:

Speurroman mag jou dalk net jou nagrus kos

Roelof Meyer, oorspronklik van Port Elizabeth maar nou ‘n trotse Bloemfonteiner, het so pas sy nuwe boek, SMET: Soeke na geregtigheid, gepubliseer. DiĆ© spannende speurverhaal speel hom in Bloemfontein af.
‘n Psigopaat se korrupte en sedelose lewe besmet die lewe van almal om hom, tot hy sy hand oorspeel en kaptein Francois Roux op die toneel verskyn. Met doelgerigte speurwerk begin hy die donker lewe van die gewetenlose manipuleerder oopvlek en word hy ondersteun deur ‘n toegewyde joernalis wat glo dat die krag van die media nooit onderskat mag word nie. Dit lei onder meer tot ‘n deurbraak in die ondersoek na die dood van ‘n beeldskone meisie wie se lyk op ‘n winteroggend in Bloemfontein se Loch Logan-meer gevind word. Die soeke na geregtigheid kom egter nie sonder ‘n prys nie en ‘n familie word uitmekaar geskeur as dinge begin skeefloop.
As oudkoerantman en misdaadverslaggewer was dit altyd Meyer se begeerte om ‘n speurroman te skryf waarin die rol van die media nie onderskat moet word nie. Die misterie rondom die dood van ‘n pragtige Bloemfonteinse meisie sowat tien jaar gelede, het hom verder aangespoor. Dit is ook dalk hoekom sy gunstelingkarakter, Stephan Vosloo, die joernalis is.
Uit elke boek leer mens ‘n paar lesse, soos wat Meyer se woorde lui: “Die mensdom word daagliks gefolter deur manipulerende psigopate. Sommige mense kan dit beveg, maar die meeste swig voor die gewetenlose aanslag van psigopate se besmetting. Maar met doelgerigte krag en ondersteuning het iemand uiteindelik die stryd gewen nadat
sy haar in ‘n maalkolk van donkerte bevind het.”
Om die boek aan te koop, kontak gerus vir Roelof Meyer by 071-475-9514 of stuur ‘n e-pos na [email protected].

JERETHA OOSTHUIZENĀ 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...