E Copy

Date:

SAOU in die Vrystaat bring vandeesmaand hulde aan vroue in die onderwys

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) in die Vrystaat bring vandeesmaand hulde aan vroue in die onderwys. Die SAOU se Assistent-provinsiale Sekretaris, Ankia Bester, sê daar is besluit om as deel van die vrouemaand-vieringe ‘n gedigkompetisie vir sy lede aan te bied.

Belanghebbendes wat aan die kompetisie deelgeneem het, moes ‘n gedig skryf oor vroue in die onderwys. Bester sê talle gedigte, wat onder meer deur vroue in die onderwys en selfs leerlinge geskryf is, is van oor die provinsie heen ontvang. Volgens haar was dié gedigte van goeie gehalte en dit was moeilik om ‘n wenner aan te wys. Wilna Marx, met 32 jaar se ondervinding in die onderwys as ‘n grondslagfase-onderwyser, en nou ‘n vakadviseur in die grondslagfase in die Lejweleputswa-distrik, het die wengedig geskryf. Bester sê Marx se gedig, “Die vrou in die onderwys is die baken waarop onderwys bou”, is ‘n goeie samevatting van al die gedigte wat ontvang is.

Sy sê 75% van die SAOU se lede is vroue en hul positiewe invloed in die onderwys word daagliks gesien. Dit is dié vroue wat ‘n veggees het. “Hulle staan op vir dit wat reg is en veg teen onregverdigheid.” Hulle het ‘n positiewe ingesteldheid ondanks moeilike situasies. “Hulle bring elke dag geluk en hoop in die onderwys.”

‘n Voorlesing van Marx se wengedig is op ‘n video deur vier vroue voorgedra wat prominent in die onderwys is. Dié video is gister aan SAOU-lede uitgestuur.

 

 

 

Die gedig

 

‘n Baken van hoop, van kennis, van krag.

Dit waarvoor sy daar is-

Om kennis oor te dra-

slegs ‘n minuskule van wat sy werklik doen-

sy’s ook berader, verpleegster, regter en trooster

Sy leer van liefde, vergifnis, respek en versoen

 

She is the one getting the wilting flowers,

a toffee from a little hand,

She’s the one breaking up a fight…

The confidant of a girl saying:

Mam, I’ve been hurt last night.

She’s trusted, she’s caring, she’s giving, she’s MAM

Ke”Titjhere”, She is a “Teacher”, Sy’s ‘n “Juffrou”

die baken waarop die onderwys bou!

 

Wilna Marx

CREDIT: Christal-Lize Muller

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...