E Copy

Date:

Sakeman en omroeper veg saam teen winterkoue

MARICELLE BOTHA

Ons wat meer bevoorreg is, ‘n baadjie kan aantrek of warm in ons huis onder komberse kan lê, vergeet maklik hoe snerpend koud Bloemfontein se winter is en hoeveel persone in die strate van die Rosestad leef.

‘n Sakeman, Keegan Hepburn, en sy OFM-omroepervriendin, Zelda Goetz, het besluit om in hulle persoonlike hoedanigheid vier uur per dag af te staan in ‘n poging om klere en jasse vir minderbevoorregte Bloemfonteiners in te samel.

Die projek wat bekendstaan as One Man, One Coat is in der waarheid die geesteskind van Hepburn se vriendin, Tracy Chemaly. Chemaly het sowat twee jaar gelede haar ouers vir ‘n maand lank in die stad besoek. Gedurende dié tydperk het sy eendag twee plakkate gemaak waarop sy die woorde "One man, one coat" en "Charity drop-off" geskryf het. Sy het met hierdie borde in Tweede Laan, Westdene gestaan en sodoende omtrent ses bokse klere vir minderbevoorregtes ingesamel. Haar redenasie was, almal van ons het daardie een kledingstuk in ons kas wat ons nie meer dra nie, maar wat ‘n groot verskil in ‘n ander se lewe kan maak.
As internasionale sakeman met belange in Brittanje en Australië is Hepburn altyd op reis tussen kontinente en bevind hom ook tans in sy tuisdorp, Bloemfontein. Hy het Goetz daarvan vertel en sy was meer as gewillig om betrokke te raak.

"Die winter is besig om nader te kruip en met die kwik wat snags tot ver onder minus daal, is daar talle mense wat reeds opsien na die Vrystaatse koue. Ek het toe gedink hoekom laat ek en Zelda nie Tracy se projek herleef nie. Dit is maar ietsie kleins, maar met geweldig min moeite (twee ure vir vyf dae lank), kan ‘n mens ‘n groot verskil maak."

Met die hulp van Skin Art is ‘n paar plakkate gedruk en staan Hepburn en Goetz sedert Maandag, van 13:00-14:00 en van 17:00-18:00 by die sirkel tussen Willem Postma Primêre skool en Preller Walk in Dan Pienaar. "Ons het reeds na ons eerste dag ‘n hele boks vol klere ingesamel."

Diegene wat dalk buite die ure wat Hepburn en Goetz in Dan Pienaar staan klere wil aflewer is welkom om dit by die projek se afleweringspunte, Skin Art, Prelleplein en Kerdoni’s in Baysvillage af te gee.

Die beplande organisasies wat by hierdie projek sal baat is Torings van Hoop, Lebone Village, asook talle motorwagte in die stad.
Volg die projek op Facebook (One Man, One Coat) en raak ook betrokke by hul daaglikse werwing.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...