E Copy

Date:

Rioolwater net waar jy kyk

OWEN KOCK

Die stank was ondraaglik. Rioolwater het sterk by rioolpype uitgevloei en neus toedruk het nie gehelp nie. Selfs opwasbakke in die kombuis het oorstroom.

Dit is wat sedert Vrydag 1 Mei in Gunstraat in Universitas afgespeel het, en teen Maandag 4 Mei was dit presies dieselfde storie. ‘n Raadop Juliana Oosthuizen het Courant genader omdat die Mangaung-metro-munisipaliteit teen 14:00 die Maandag nog nie opgedaag het nie.

Stink, vrot water het in Oosthuizen se toilet en selfs in haar bad opgestoot. Sy kon nie eers haar hare was nie en was behoorlik raadop.

Alles het teen Vrydag (Werkersdag) om13:00 begin. Volgens Oosthuizen was haar hoofriool wéér verstop, soos eenkeer per maand die afgelope drie maande. Sy het dadelik die munisipaliteit se inbel-sentrum gebel. Sy kon egter nie ‘n verwysingnommer of naam van die persoon aan die anderkant kry nie.

Oosthuizen en haar buurvrou, Leonie Heymans, se agterplase lyk soos ‘n moeras en die stank is onbeskryflik. Selfs in hul huise is oral nat kolle op die vloere en hulle moes heeltyd rioolwater opdroog.

Saterdagoggend om 10:30 het Oosthuizen wéér gebel en ‘n verwysingsnommer gekry. Sy sê sy het die dag agt keer gebel. Elke keer is die reaksie: "You will get assistance."

Maandag was dit reeds 72 uur later! Met Courant se aankoms by Oosthuizen se huis was sy bang dat die riool in haar swembad sou beland, want die water het so sterk geborrel dat haar agterplaas soos ‘n dam gelyk het.
Courant wag nog op antwoorde van die munisipaliteit.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...