E Copy

Date:

Richie McCaw fiks om die Bokke Saterdag te pak

MORGAN PIEK

Bloemfontein – All Black-kaptein Richie McCaw is terug om sy span teen die Springbokke op die veld te lei in hul Rugbykampioenskapswedstryd Saterdag op Ellispark in Johannesburg.

McCaw het ‘n fiksheidstoets geslaag nadat hy die grootste deel van vanjaar se kompetisie weens ’n kniebesering op die krukkelys deurgebring het het.

Hy het ook die vorige toets tussen die twee rugbyreuse op Eden Park in Auckland misgeloop.

Die Kiwi’s het dié kragmeting met 29-15 gewen. Sam Cane, wat McCaw se skoene in sy afwesigheid moes volstaan, gaan op die plaasvervangerbank begin.

Cane het egter beïndruk en drieë teen die Bokke en Argentinië gedruk. In die ander verandering aan die All Blacks se beginspan, vervang Charlie Faumuina die beseerde Owen Franks op stut.

Die Springbokke moet die naweek se wedstryd met ‘n bonuspunt drie asook agt of meer punte wen as hulle die trofee wil lig.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...