LANI FOUCHÉ
‘n Voorstel om diere-telers te belas vir elke dier wat verkoop word, is met gemengde reaksie deur Sentraal-Suid-Afrikaners begroet.
‘n Petisie doen die rondte op die internet om ‘n belastingstelsel in te stel vir dieretelers, tesame met hernude beroepe vanuit welsynsgeledere om telerey totaal te verban.
In ‘n informele meningspeiling op Facebook het sommige lesers die praktyk van telery verdedig, maar die meeste stem saam dat dit verban moet word.
Woordvoerder vir die nasionale dierebeskermingsvereniging, Chris Kuch, sê daar is reeds so baie diere wat goeie huise benodig.
Sê gerus jou sê oor dié onderwerp of OFM se Facebook-blad.
In verwante nuus het die DA in die Noord-Kaap ‘n beroep op die regering gedoen om die regte van diere in dié provinsie op te skerp.
Die party sê nagenoeg 200 Kimberliete nader maandeliks dierewelsynsorganisasies omdat hulle nie versorging van hul diere kan bekostig nie, terwyl ongeveer 350 troeteldiere maandeliks net in Kimberley verwaarloos word.







