Jansen pleeg gemeenskapsbedrog teen minderhede: AfriForum Jeug

0
552

GALOOME SHOPANE Kovsies se AfriForum Jeugtak sê Jansen pleeg gemeenskapsbedrog teen minderheidsgemeenskappe omdat hy volgens hulle juis steun verwerf het op die voorwendsel dat hy ten gunste van moedertaalonderrig is en spesifiek Afrikaanse onderrig steun.

Die organisasie se Charl Oberholzer sê dit is verbasend hoe Jansen sy rug draai op alle inheemse tale ten gunste van Engels, terwyl daar terselfdertyd treffende voorbeelde is waar die gebruik van moedertaalonderrig studente beter laat presteer as onderrig in ‘n tweede taal.

“Dit is hartseer vir ons om te sien dat hy sy rug draai teen inheemse tale in Suid-Afrika vir Engels,” sê Oberholzer.