E Copy

Date:

Rekords spat op Rekords spat op JF-atletebyeenkoms

Byeenkomsrekords het Saterdag wild en moes gespat op die jaarlikse Makro en Laerskool Jim Fouché se uitnodigingsatletiekbyeenkoms in die Vrystaatstadion.

Daar het 16 rekords het in die slag gebly. Atlete het in aanstaande jaar se ouderdomsgroepe mekaar die stryd aangesê.

Die talentvolle Chandré Erasmus (Fichardtpark) het twee rekords agter haar naam geskryf. Dié langasem het in die 800 m- en 1 500 m puik oorwinnings behaal. Haar 800-sege in ’n tyd van 2:30.92 was gerieflik en sy het vir Megan Prinsloo (Universitas, 2:33. 81) en Lekisha van Rayne (Koot Niemand, 2:37. 02) geklop.

In die 1 500 het Prinsloo egter nie vir Erasmus haar oorwinning op ’n skinkbord gegee nie en dit was een van die opwindenstes tweestryde van die byeenkoms. Erasmus was uitgeslape en het vir Prinsloo deurgaans aan haar buitekant gehou, wetende dat Prinsloo heelwat verder hardloop as wat nodig was en het haar groter vaart gebruik om Prinsloo in ’n naelloop eindstreep toe te fnuik. Erasmus (5:12.39) het Prinsloo (5:12.54) net-net sekonde geklop en Van Rayne (5:34. 54) was derde.

Volgens die Joba-puntestelsel was Inge Verster (Universitas, 200 m-hekkies, 13-jaar, 32.13 sekondes) en Marzanne van Heerden (Brandwag Volkskool Odendaalsrus, gewigstoot, 11-jaar, 9. 31 meter) onderskeidelik die beste meisies baan- en veldnommeratlete.
Die beste seuns baanatleet was Thabo Verster (Universitas, 70 m-hekkies, 11-jaar, 11. 07 sekondes) en Wian Muller (Koppie Alleen, gewigstoot, 11-jaar, 12. 96) die voorste veldatleet.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...