E Copy

Date:

Pienaar speel in sy laaste wegwedstryd

Die Toyota Cheetahs en Springbok-skrumskakel Ruan Pienaar sal vandeesweek in sy laaste wegwedstryd as ‘n professionele rugbyspeler speel.

Pienaar gaan sy stewels volgende week ophang ná afloop van die SA Beker-kragmeting teen die Griekwas op Shimlapark in Bloemfontein, maar sal vir oulaas Donderdagoggend op die bus klim vir hul kragmeting teen Grens in Oos-Londen.

Pienaar, wat in Maart 40 jaar oud geword het, het in 2004 sy buiging as ‘n beroepspeler gemaak en het sedertdien in amper 500 eersterangse wedstryde in sy glansloopbaan gespeel. In dié tyd het hy vir die Sharks, Ulster (Noord-Ierland), Montpellier (Frankryk) en die Cheetahs uitgedraf. Sedert hy in 2019 by die Cheetahs aangesluit het, het hy die Curriebeker twee keer gewen en sommer vinnig ‘n legende in die Vrystaat geword.

Hoewel Pienaar se loopbaan as ‘n speler aanstaande week sal eindig, is hy nie verlore vir Vrystaat-rugby nie. Hy het verlede week as ‘n afrigter begin en terwyl die Cheetahs die Valke in Kemptonpark met 68-17 afgestof het, was hy saam met die o.21 span in Johannesburg vir hul kragmeting teen die Leeus.

Vrydag se wedstryd tussen Grens en die Cheetahs op Polisiepark in Oos-Londen skop om 15:00 af. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

MMM vows to fix project delays and improve planning

The Mangaung Metro Municipality (MMM) held a Planning Implementation...

AfriForum ruim kwaaddoeners se gemors in Langenhovenpark op

AfriForum se buurt- en vullisverwyderingspanne het aan die begin...

FS takes third place in case study competition in national agricultural awards

The Free State Department of Agriculture and Rural Development...

Free State learners gear up for Eskom Expo Regional Science Fairs

Eskom Expo for Young Scientists is set to launch...