E Copy

Date:

Amanda Coetzer-toernooi word 25ste keer gespeel

Opwinding heers onder tennis-aanhangers in Bloemfontein met die jaarlikse Amanda Coetzer-tennistoernooi wat Donderdag in die stad begin.

Die glanstoernooi wat jaarliks by die Hoër Meisieskool Oranje gespeel word, word vanjaar vir die 25ste keer gespeel en vir die gasheer is daar baie op die spel.

Oranje is die verdedigende kampioene en hulle sal vanjaar beoog om slegs die derde skool te word wat die toernooi vir drie of meer agtereenvolgende jare kon wen. Slegs Hoërskool Waterkloof van Pretoria en Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch kon dit in die verlede regkry. Waterkloof het van 1998 to 2000 die septer geswaai, terwyl Bloemhof tussen 2001 en 2009 koning gekraai het.

Oranje is tans op ‘n onoorwonne lopie met hul laaste nederlaag in Augustus 2022. By die Amanda Coetzer-toernooi het hulle laas in 2019 vasgeval en dit was in die eindstryd teen Bloemfontein. Weens die wêreldwye Covid-19 pandemie was die toernooi nie in 2020 of in 2021 gespeel nie.

Die agt skole wat aan die toernooi deelneem, word volgens die nasionale ranglys aan die einde van 2023 bepaal. Oranje is tans die voorste span in Suid-Afrika en hulle is eerste gekeur. Die ander deelnemende spanne vanjaar is Rhenish Girls’ High (Stellenbosch), Hoër Meisieskool Paarl, Bloemhof, Afrikaanse Hoër Meisieskool (Pretoria), Paarl Gimnasium, Hoërskool Menlopark (Pretoria) en Waterkloof (Pretoria).

Oranje 1ste; Rhenish Girls’ High 2de; Hoër Meisieskool Paarl 3de; Bloemhof 4de; Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 5de; Paarl Gimnasium 6de; Hoërskool Menlopark 7de; Waterkloof 8ste.

Bloemhof bly die skool wat die toernooi nog die meeste gewen het met 14 titels, terwyl Oranje die tweede meeste titels het met ses.

In die o.15-afdeling is Oranje ook die span om te klop en hulle is die verdedigende kampioen. Oranje het drie van die vorige vier jare die afdeling gewen. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Latest Foot-and-Mouth Disease update

Eight new Foot-and-Mouth Disease (FMD) cases have been clinically...

Mandela day outreach restores dignity to elderly residents

The Mangaung Child Justice Centre and the department of...

Home Affairs to recruit 301 immigration officers

The Department of Home Affairs is set to recruit...

Two suspects arrested for assault

Two men, aged 23 and 27, have been arrested...