E Copy

Date:

Brandpunte van misdaad in Bloemfontein

Jou veiligheid is die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se prioriteit en daarom het die sigbare polisiëringsbevelvoerder, gesetel by die Parkweg-polisiestasie, kolonel Andiswa Myeki, met Bloemfontein Courant gepraat in die lig van die onlangse voorval waarby ’n jong man betrokke was, reg oorkant die polisiestasie.

Myeki het genoem dat hoewel kriminele aktiwiteite vlietend van aard is, is die ondersoekproses dikwels uitgerek. Nietemin, dit het en sal altyd die SAPD se prerogatief wees om te verseker dat ’n saak opgelos en suksesvol gesluit word.

“Om die gemeenskap aan te moedig om wakker te wees en die polisie in kennis te stel oor waar hierdie kriminele aktiwiteite plaasvind, is van kardinale belang vir die polisie. Dikwels help anonieme wenke en waarskuwings ons baie,” het Myeki gesê.

Die kolonel het verder genoem dat studente, veral in die Universitas- en Westdene-woonbuurte, meestal geteiken word aangesien hulle as “maklike teikens” deur misdadigers beskou word.

“Dit is belangrik om as student, en selfs as volwassene, besonderhede van jou eiendom te hê, van jou skootrekenaar tot jou oorfone. Stoor jou items se reeksnommers op ’n veilige plek vir jou toegang, sou hierdie items gesteel word.”

Myeki het die gemeenskap versoek om asseblief te alle tye waaksaam te wees. Sy het die lede van die gemeenskap aangemoedig om hul selfverdedigingsvaardighede te verbeter aangesien hierdie vaardighede handig te pas kan kom.

“Maar onthou asseblief dat jy nie jou lewe met dié van ’n voorwerp kan vergelyk nie. As jy oorval word, stel jou lewe eerste, want dit is kosbaarder as enige materiële item.

 

Misdaadgebiede (vanhoër na laer voorkoms van misdaad):

  1. Universitas, Brandwag-woonstelle
  2. Sakekern
  3. Westdene
  4. Fauna
  5. Lourierpark
  6. Ferreira-gebied

Mees algemene misdaad:

  1. Diefstal – algemeen
  2. Diefstal – uit voertuig
  3. Kubermisdaad
  4. Residensiële inbraak
  5. Gewone aanranding

Dae waarop meeste sake aangemeld word:

  1. Saterdae
  2. Vrydae
  3. Sondae

 

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...