E Copy

Date:

Pa verkrag glo twee dogters oor lang tydperk

LANI FOUCHÉ

‘n Pa wat daarvan verdink word dat hy verskeie jare lank sy twee dogters verkrag het, is borgtog geweier en na die hof vir seksuele misdrywe in Bloemfontein verwys.

Die pa – wie se identiteit weerhou word om die dogters te beskerm – het drie kinders by sy 26-jarige dogter verwek, waarvan een onlangs gesterf het. Die ander dogter is 21 jaar oud.

Die pa is in April vanjaar aangekeer nadat die polisie op ‘n wenk van die gemeenskap gereageer het.

Woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê hy het reeds in die Boshof Streekhof verskyn waar sy aansoek om borgtog geweier is.

Hy sal op 18 September in Bloemfontein tereg staan op twee aanklagte van verkragting.

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...