C&N Oranje Meisieskool se eerste hokkiespan het die Bloemfonteinse vlag hoog laat wapper toe hulle Sondag vir die tweede agtereenvolgende jaar en vir die derde keer in die geskiedenis met die louere weg gestap het by die 16de jaarlikse St Mary’s Hokkiefees.
Een van die beste hokkiefeeste in die land was van 9-12 April beslis, en het die jaar weer van die top hokkieskole in die land saamgebring. Ongeveer 32 spanne het nie net hul passie uitgeleef, maar ook hul kompiteerende gees ‘n vlak hoër laat skyf.
Hier volg die uitslae:
Eerste rondte
Brescia Wen 6-0
St. Mary’s Pretoria Wen 6-0
Wykeham Collegiate Wen 2-0
Peterhouse Wen 1-0
Somerset Wen 2-0
Herschel Wen 2-0
St Mary’s Jhb. Wen 1-0
Tweede rondte
Paarl Gim Wen 2-1
St Stithians Verloor 1-0
T Collegiate Wen 4-0
Halfeindstryd: Wen Waterkloof 2-1
Finaal: Wen St Stithians 2-1
Beste speler van die toernooi: Minke van Heerden
Top doelskieter van die toernooi: Mirie van Niekerk – 7 doele
Kry die voledige storie in morê se uitgawe van Bloemfontein Courant







