Sekere dele van Bloemfontein sal môre (Dinsdag 28 Mei 2019) van 08:00 tot 16:00 geen water hê nie.
Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê dat daar ‘n onderbreking in watervoorsiening sal wees vir die vervanging van ‘n klep by die Brandkop-reservoir. Die volgende gebiede sal lae waterdruk ervaar: Pellissier, Fauna en Fichardtpark.
Daar word versoek dat alle inwoners, besighede, skole en verbruikers in die geaffekteerde dele die nodige reëlings tref vir die versameling van water vir kook-, was-, skoonmaakdoeleindes, ens. Die munisipaliteit vra om verskoning vir die ongerief.
info@bloemfonteincourant.co.za