Oranje Meisieskool het verlede week hul harte oopgemaak vir liefdadigheid toe leerders Maandag tydens pouse roomys kon koop as deel van die Childline and Toyota Ola Ice Cream Challenge. DiĆ© projek word vanjaar deur die Bloemfonteinse avonturier en fotograaf, Kobus Robbertze (agter), van stapel gestuur as hy van 11 tot 18 April van Sasolburg af na Ladybrand ‘n roomyskarretjie sal trap. Oranje Toyota en Ola vat hande met Kindersorg Bloemfontein en Childline Free State om seksuele molestering van kinders onder mense se aandag te bring. Robbertze sal met die roomyskar ‘n roete deur die Vrystaat trap en op elke dorp vertoef waar belangegroepe en veral kinders hom sal inwag om ‘n roomys te koop en sodoende steun te gee om seksuele molestering van kinders te verhoed. Groot besighede en skole in Bloemfontein sal besoek word en geleentheid hĆŖ om hierdie
projek te steun. Enige belangstellendes kan Riƫtha Wagener kontak by [email protected].
Date:
OMS eet roomys vir liefdadigheid
OMS eet roomys vir liefdadigheid







