CHRISTAL-LIZE MULLER
Die proses om ‘n nuwe voorsitter van die Noordwes Universiteit (NWU) se raad aan te stel sal na verwagting spoedig begin.
Dit kom nadat Peet van der Walt, wat dié posisie sedert 2008 beklee, met onmiddellike effek bedank het weens gesondheidsredes.
Woordvoerder van die NWU, Louis Jacobs, sê die raad se ondervoorsitter, Itumeleng Pooe, sal as voorsitter van die raad waarneem.
Jacobs sê die raad sal die kwessie vandag op sy geskuduleerde vergadering in Mahikeng in die provinsie bespreek.
Van der Walt sê hy het bedank omdat hy nie sy pligte voldoende kan nakom weens ‘n enkelbesering wat die afgelope jaar veroorsaak het dat hy telkens hospitaalbehandeling moes ontvang.
Intussen het ontken die NWU gerugte dat die vise-kanselier van die NWU, Dan Kgwadi, bedank het.







