Die Jehovah se Getuies se driedaagse streekbyeenkoms sal vanoggend by die Bloemfontein-skougronde begin. Die Getuies nooi almal om die program by te woon waar Jesus se woorde: “Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”, bespreek sal word. Die program sal ook verduidelik hoe hierdie raad wat duisende jare gelede gegee is in die hedendaagse wêreld praktiese voordele kan inhou, deur byvoorbeeld angstigheid te verminder. ’n Spesiale hoogtepunt sal Sondagmiddag se slottoespraak wees: “’Moet julle nooit kwel nie’ – Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”
Jehovah se Getuies nooi mense van alle ouderdomme om die “Hou aan om eers God se Koninkryk te soek!”- Streekbyeenkoms by te woon. Die programsessies begin al drie dae om 09:00. Toegang is gratis. Byeenkomste van Jehovah se Getuies word geheel en al deur vrywillige bydraes befonds.
Vir meer inligtong kontak Eugene Seegers by 083-324-9217.
Uitgereik deur die Jehovah se Getuies.







