Die Vrystaat Kunstefees is terug en bied soveel meer. Vanjaar is die kunstefees heeltemal herbedink.
Direkteur vir die Vrystaat Kunstefees, Michael Garbett, het genoem dat die fees vanjaar uitgesoekte rolprente sal vertoon. “Verwag toonaangewende onafhanklike rolprente, internasionale keuses en besprekings met rolprentvervaardigers,” het Garbett gesê.
Die uitvoerende kunste is gevul met sterbelaaide produksies wat ’n paar gunstelinge insluit soos Land & Sand, Veelhoek, Die Stoele, Marion Holm, Babah Go Wild, Joseph Clark’s Queen, en Elandré.
Diegene wat romans geniet wat in produksies omskep word, sal opgewonde wees om te weet dat die bekende Waiting for Godot, geskryf deur die Ierse dramaturg Samuel Beckett, in Afrikaans vertaal is (Ons wag vir Godot) en ook by die Vrystaat Kunstefees vertoon sal word.
Garbett het bygevoeg dat vanjaar se programkeuses buitengewoon moeilik was. Die paneel moes vir byna ’n maand sit vanweë die uitsonderlike gehalte van die produksies. Vanjaar se slagspreuk, “One Festival, Many Stories”, handel oor die diversiteit van die fees en hoe dit oop is vir soveel verskillende kunstenaars om hul artistieke kreatiwiteit op ’n groter en breër platform te vertoon.
“Diversiteit en insluiting is in die wese van ons fees ingeweef. Ons bied die Pan African Creative Exchange aan en prioritiseer die tentoonstelling van die ryk artistieke uitdrukkings van die Eerste Nasies. Ons bevorder ook oop dialoog en skep ruimtes vir diverse kunstenaars en gehore om gemeenskaplike grond te vind.
Michael het bygevoeg dat die fees se grootste triomf sy voortbestaan is, moontlik gemaak deur gemeenskapsondersteuning ondanks ’n gebrek aan eksterne befondsing. “Ons toegewyde span het die kuns bemeester om uitdagings te oorkom, om te verseker dat die vertoning altyd voortgaan,” het Garbett genoem.
Abigail Visagie