E Copy

Date:

‘n Dag om te geniet in die buitelug

Martie du Plessis Spesiale Skool vir leer- en liggaamlik gestremde kinders, vier eerskomende naweek die agtste jaar van sy jaarlikse bergfiets-pretrit in samewerking met Dusty Rides.
Die pretrit is vir die eerste keer in 2011 aangebied deur twee van die skool se onderwysers, terwyl Dusty Rides as beskermheer die geleentheid georganiseer het. Geld wat deur die pretrit ingesamel word, word aangewend vir die skool se sportontwikkelingsfonds.
Hierdie jaar spog die pretrit met ‘n nuwe voorkoms. Dit staan nou bekend as die Martie du Plessis Active Day en sluit ‘n reeks gewilde sportsoorte in soos bergfietsry, veldwedlope en stap. Deel van Dusty Rides se doel is om geleenthede te organiseer waaraan die hele gesin kan deelneem, ongeag ouderdom of sportvoorkeur.
Die dag het vir meer as ‘n dekade buitelugsport- en avontuurentoesiaste getrek. Sedert die ontstaan is die hoofdoel steeds om die noue band tussen sport en onderrig te beklemtoon. Die onderrig van leerders wat moet uithou en aanhou, met baie struikelblokke op hul pad na sukses, het baie deelnemers aan die geleentheid gemotiveer en geïnspireer. En op dieselfde manier het die gees van avontuurlikheid en die uithouvermoë van deelnemers baie van die leerders geïnspireer om hul eie passie met entoesiasme en moed uit te leef.
Die Martie du Plessis Active Day vind op 10 Maart 2018 plaas. Die bergfietsrit volg ‘n roete deur en om die Brandkop-bewaria. Bergfietsryers het ‘n keuse tussen 1, 2, 3 of 4 rondtes van 14 km elk. Daar is ook ‘n 6 km-veldwedloop en ‘n 6 km-stap.
Deelnemers kan op die dag inskryf by Martie du Plessis-skool.

JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected] 

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...