Bloemfontein – Suid-Afrikaner Anthony Michael, is die vroeë voorloper na dag een van die Origins of Gholf-toernooi in Parys in die Noord-Vrystaat.
Michael het 6 onder baansyfer 66 op die telbord gehad danksy goeie setwerk, een hou voor Attie Schwartzel.
Brandon Pieters is in ’n groep op vier onder baansyfer.
Pieterse maak sy terugkeer tot die veld nadat hy las gehad het van ’n heupbesering.
Michael het gisteraand gesê sy vertoning het sy selfvertroue ’n reuse-hupstoot gegee.
Schwartzel, Jeff Inglis en Paul Bradshaw het vanoggend reeds om 06:30 in die tweede ronde afgeslaan.







