E Copy

Date:

Malema se motorbestuurder vas vir spoed

Die EFF-leier, Julius Malema, moes vanoggend self verder na Bloemfontein bestuur om in die plaaslike landdroshof te verskyn op ‘n aanklag dat hy die Wet op Oproerige Byeenkomste van 1956 oortree het. Malema het later as wat verwag is in Bloemfontein aangekom en vlugtig in die hof verskyn. Dié hofverrigtinge is na 5 Junie, volgende jaar, uitgestel.

Bloemfontein Courant se André Grobler het vroeër berig daar was ‘n sterk polisieteenwoordigheid buite die hof gewees. Lede van die EFF het gesing en gedans. Malema se verskyning kom nadat hy EFF-lede in 2014 op die party se verkiesingskongres in Bloemfontein aangemoedig het om grond onwettig te beset. Hy het verlede week op ‘n soortgelyke aanklag in die landdroshof op Newcastle in KwaZulu-Natal verskyn.

Intussen het die direkteur vir verkeersbestuur in die Vrystaat, George Ramotsoto, aan Christal-Lize Muller gesê, die bestuurder van ‘n Mercedes-Benz met ‘n GP-registrasienommer, waarin Malema ‘n passasier was, is vanoggend deur lede van die provinsiale verkeersdepartement by Ventersburg in hegtenis geneem. Volgens hom het die bestuurder van dié motor kort na 06:00 buite Parys deur ‘n spoedlokval, aan Vrystaat-kant, gejaag, sonder om te stop. Die motor het 187km per uur in ‘n 120km-sone gery. Ramotsoto het bevestig Malema was in die motor.

Volgens Ramotsoto sal die motorbestuurder aangekla word vir ‘n spoed en dat hy versuim het om te stop. Die verdagte is tans in aanhouding by die polisiekantoor op Parys. Hy sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn. As hy nie vandag op borgtog vrygelaat word nie, sal hy in polisieselle oornag en môre in die hof verskyn. Courant-verslagspan.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...