E Copy

Date:

Mahlasi neem die Shimlas-leisels

Thabang Mahlasi sal vanjaar die Universiteit van die Vrystaat Shimlas aanvoer tydens die 2022 Varsitybeker wat in Februaie van stapel gestuur word.

Aanvanklik was die oud-Junior Springbok, Rewan Kruger, vir ‘n tweede seisoen agtereenvolgens in die leierskapsrol, maar hy sal egter nie meer vir die toernooi in aanmerking kom nie.

In Desember het die ervare skrumskakel, Tian Meyer, die Toyota Cheetahs verlaat om sy rugby in Japan by die Docomo Red Hurricanes op ‘n korttermyn-kontrak te speel.
Kruger, wat al in die verlede vir die Cheetahs en die Vrystaat gespeel het, is toe deur Hawies Fourie gekontrakteer as ‘n opvolger vir Meyer.

Kruger het vanjaar reeds vir die Cheetahs in ‘n oefenwedstryd teen die Griekwas gespeel, sowel as in die eerste rondte van die Curriebeker teen die einste Poubloues.

As gevolg hiervan het die nuwe Shimlas-breier, André Tredoux, die slot Mahlasi aangewys as sy span se nuwe kaptein.

Volgens Tredoux was dit ‘n maklike besluit om Mahlasi na kaptein te bevorder.

“Thabang stel vir homself sowel as die span baie hoë standaarde. Hy het tydens die voorseisoen die rol as leier baie goed gespeel. Wanneer iets tydens die oefensessies nie werk nie, sal hy dit aanspreek en sal hy die span vra om die spesifieke spel of beweging reg te stel.”

Die Shimlas se 2022-veldtog sal op 14 Februarie in Bellville afskop wanneer hulle teen die taai Universiteit van Weskaapland te staan kom. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

Planned power interruption in Mandela View

Residents of Mandela View are advised to prepare for...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...

UFS professor appointed to national financial planning board

The University of the Free State (UFS) has welcomed...