LHP inwoners raadop oor gebarste pype

0
140

Inwoners van The Cottages in Nienaberstraat, Langenhovenpark, sê hulle is gefrustreerd en weet nie meer watter kant toe nie nadat een van die pype by die
kompleks se hek, wat oorspronklik  ‘n klein lek gehad het nou vir hulle groot probleme veroorsaak. Een van die trustees, Jacques Germishuizen, het aan Bloemfontein Courant gesê dat die probleem nou al aan kom van voor die verkiesing af. “Ons het al gebel; ek was selfs tot by die Glaspaleis, en al waarmee ek daar uitgekom het, is net nóg leë beloftes.”

Germishuizen verduidelik verder dat hulle al ‘n private loodgieter  laat uikom het. Hy kon niks doen nie omdat die probleem by die hoofwaterlyn onder die mense se meters lê en hy mag nie daaraan werk nie. Die munisipaliteit se mense het al uitgekom, maar nog niks is gedoen nie.

“Ons word gevra om water te bespaar, maar hier lek water nou al vir maande en ons het ook nou al ‘n rioolprobleem. Dit stink en mense wil nou uittrek,” sê hy.

Die probleem het veroorsaak dat een van die kompleks se hekke gebreek het en mense wat in die 28 eenhede woon, een hek moet gebruik.

“Daar is 28 eenhede en ons betaal almal R700 vir eiedomsbelasting. Waarvoor weetons nie, want ons kry geen dienslewering nie.”

Een van die inwoners sê die eienaars het al die plaveisel reggemaak, maar skaars ‘n maand daarna het dieselfde pyp (wat deur die munisipaliteit reggemaak was) weer gebars. Sy sê hulle vrees vir die dag wanneer die ander hek ook ingee omdat daar daagliks sowat 60 karre daar deurry. “Ons kan nie so lewe nie. Ek sou verstaan as ons nie betaal het nie. Dit het so lank vir hulle geneem om hulle te laat verstaan wat die probleem is. Stel jou nou voor hoe lank dit gaan neem om die probleem reg te maak.”

Bloemfontein Courant het gevra vir kommentaar van die munisipaliteit, maar tot dusver niks ontvang nie.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za