E Copy

Date:

Legendariese Massyn voltooi Rio Marathon

Die Vrystaat-langasem, Louis Massyn van Odendaalsrus, het oor die naweek aan die Maratona do Rio (Rio-marathon) in Rio de Janeriro, Brasilië, deelgeneem.

Die padwelooplegende, wat al 47 Comrades-marathons en 44 Twee Oseane-marathons agtereenvolgend voltooi het, het die roete in Rio de Janeiro in 4:52:29 voltooi. Massyn het aan Bloemfontein Courant gesê sy doelwit was om onder vyf uur te hardloop, hoewel hy baie op sy senuwees was omdat hy na die Comrades in die hospitaal beland het.

“Die wedloop self was baie lekker, en ek het my pas goed beheer. Ek was egter ook baie op my senuwees as gevolg daarvan dat ek na my Comrades-marathon in die hospitaal beland het.

“Die feit dat ek deur Denise Amaral (‘n baie bekende atleet in Rio de Janeiro) genooi is en die verskeie onderhoude wat gereël is, het gesorg vir baie blootstelling, veral by die Marathon-Expo verlede week Donderdag.

“Ek was letterlik oorval deur atlete van oral oor vir foto’s en selfs tydens die wedloop. Die oggend voor die wedloop het ek ook twee TV- onderhoude gehad.

“Toe ek die wedloop voltooi het, is ek deur atlete van Paraguay oorval. Die was net foto’s en foto’s. Die een atleet wou selfs my hardloopfrokkie omruil. Ek het egter daarteen besluit, maar sal dit wel in Berlyn oorweeg.”

Die 68-jarige Massyn het ook verduidelik dat die atlete in Rio seker gemaak het dat hy goed gevoer is, en het selfs ‘n braai geniet, maar nie soos wat ons dit ken nie. “Ek was ook ná die wedloop deur ‘n groep Brasiliaanse atlete genooi na ‘n egte ‘Brazil Barbecue’. Eish, dit was ongelooflik lekker. Ek was ook na ‘n ontbyt genooi deur pelle van Duitsland, en Saterdag was daar ook ‘n pasta-ete vir my gereël met atlete van regoor Brazil.”

Massyn is die enigste Suid-Afrikaner wat ‘n uitnodiging ontvang het om deel te neem. Hy keer Vrydag terug na Suid-Afrika. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...