DUANE PETRUS – Sanger Kurt Darren sal langer in die hospitaal bly nadat hy na verwagting die naweek ontslaan sou wees.
Sy broer, Darren van Heerden, sê Kurt verduur nog baie pyn weens die 11 ribbes wat hy onlangs in ‘n motorongeluk gebreek het.
Kurt was ‘n passasier in ‘n motor wat in Kameelfontein in Pretoria op 6 Julie gerol en in ‘n gat beland het.
Darren sê hulle sien ‘n verbetering in sy toestand.
“Ons wil hom graag by die huis hê, maar ons verstaan dat dit beter is as hy by die hospital bly en daar herstel,” sê Van Heerden.
Hy word tans in die Netcare Milpark-hospitaal in Pretoria behandel.







