E Copy

Date:

Kom geniet 30 jaar van Nataniël

Nataniël le Roux, of net Nataniël soos hy eintlik bekend staan, bring eersdag sy 30 Jaar, 90 Minute-vertoning na die Sand du Plessis-teater.
Met meer as 6000 lewende optredes, 79 geskrewe en gevorderde verhoogproduksies, 17 albums en 6 DVD’s, 17 boeke en 3 hoogs gewilde TV-reekse, is dit beslis nie ‘n vertoning om mis te loop nie!
Nie net is hy bekend op die verhoog nie, maar het hom ook as ondernemer, openbare spreker, rubriekskrywer en filantroop gevestig.
Hoe is die ikoon Nataniël geskêp? Die wereld was vir hom veels te ordinêr, en hy het toe besluit om sy eie wêreld te skep. “Ek was drie toe ek besluit het ek gaan bekend wees. Ek het begin om my ouma se klere aan te trek en te doen wat ek wou doen. Ek het nog nooit gemaklik of tuis gevoel sedert die begin van my lewe en tot vandag toe nie. Ek het altyd my eie werklikheid as ‘n kind geskep, en as jy ‘n kind is, is jy meer vreesloos as wat jy as ‘n grootmens is, “sê hy. As jy dink hierdie is een van die laaste vertonings, dink weer. Nataniël is dankbaar vir die ondersteuning van die publiek en die pad wat sy ondersteuners tot dusver saam hom gestap het en hoop dat hulle dit tot nou toe geniet het.
“Met hierdie vertoning wil ek vir 90 minute mense saam met my loslaat. Vergeet jou lewe en lag oor dinge. Mense het my vertel na die afloop van my vertoning het hulle hul siele voel skitter, hulle het gelukkig gevoel en dit is al wat ek wil hê. Dit maak my gelukkig,” sê hy.
Kom geniet 30 Jaar, 90 Minute van Nataniël se lewe van 26 tot 28 Oktober by die Sand du Plessis-teater. Vir meer inligting, kontak Pacofs by 051-447 7772.

Jeretha Oosthuizen
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...