Bloemfonteinse musikante gaan hulde bring aan die oubekende groep, die Carpenters.
Die Carpenters, Karen en Richard, was ‘n Amerikaanse vokale en instrumentale groep wat in die 1960’s tot die 80’s, liedjies soos We’ve only just begun, Top of the World en Jambalaya gesing het.
Vyf Bloemfonteiners het besluit om eer aan hierdie groep te bring. Die orkes bestaan uit Petru Smit op die klawerbord, John Smit op tromme en perkussie, Priscilla Talbot as voorsanger, Danny Grobler op baskitaar en Nic Klopper op kitaar. Al die orkeslede sal ook verantwoordelik wees vir die agtergrondstemme.
Dit beloof om ‘n uithalervertoning te wees en ‘n eerste vir Bloemfontein. Priscilla sing die musiek van Karen Carpenter met uiterse deernis en begrip. Kosie van Niekerk van Select Musiek het by ‘n geleentheid gesĆŖ dat Priscilla in hierdie stadium die vroulike sanger in die land is wat die meeste met haar stem kan doen.
Die huldeblyk aan die Carpenters sal Vrydag 3 November om 20:00 by die Aasvoƫlklub plaasvind. Kaartjies beloop R80 per persoon en is beskikbaar by die Aasvoƫlklub, Mimosa Biltong en Mimosa Blommemark.
Kom geniet ‘n aand en gee jou oor aan die nostalgie van die verlede.
Jeretha Oosthuizen
[email protected]







