E Copy

Date:

Kolskoot – 20 November 2013

Goeiedag
“Hy is kulkunstenaar op die rugbyveld. Dit is die enigste manier waarop ek die Springbok-heelagter, Willie le Roux, kan beskryf. Sy visie en aanvoeling is verstommend en hy vind gapings en skep kanse vir sy spanmaats soos min ander spelers in rugby,” begin Stywelip Carrington ons weeklikse samesprekings.
“Ja, en die feit dat hy as Speler van die Wedstryd aangewys is daar op Murrayfield in ‘n koue en nat Edinburgh onderstreep sy genialiteit. Onthou, Daune Vermeulen was self ook kookwater en Le Roux is bo hom aangewys,” praat Botterbul Bester saam.
“Kêrels, ek wil nou nie koue water oor jul warm geesdrif gooi nie, maar die Bokke moet ligloop. Onthou, die omgekrapte en onvoorspelbare Hane wag Saterdagaand in Parys. Hulle het die All Blacks twee weke gelede harde bene laat kou,” maan oom Sjert.
“Oom Sjert, ek stem nie saam nie. In sulke nat, koue weer en op ‘n veld waar vastrap bra moeilik was, het die Bokke teen die Skotte gewys dat hulle die gaping tussen hulle en die Kiwi’s vernou. Hulle kan aanpas en hul spel beter as in die verlede afwissel. Die agttal en agterspelers waaroor ons nou beskik, kan selfs die onvoorspelbare Franse in hul eie hoederhok gaan tem,” lug Sporie Bezuidenhout sy mening.
“Nee Sporie, ek voel soos oom Sjert. Onthou, as Francois Louw erg seergekry het, het ons glad nie ‘n teenvoeter as baljagter by die afbreekpunte nie en met afgeneemde besit is die Franse op hul gevaarlikste,” sê Bontie Bonthuys vanuit die Kaap.
“Wag nou manne, moet net nie weer begin stry nie. Ná die naweek is die la-a-ang rugbyseisoen verby. Ek het my setstok uitgehaal sodat ek my sette voor die kassie kan oefen. Onthou, Branden Grace en George Coetzee speel van vandag in die Wêreldbeker-toernooi in Australië en van ons top-spelers slaan van môre af op die Glendower-baan in die SA Ope af. Daarna wag die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City. ‘n Verandering van spyse gaan soos ‘n vakansie wees,” sluit Stywelip ons indaba af.
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...